Review: 101 Detectives by Ivan Vladislavić

101 DetectivesOm te sê ek was verward, is om dit sagkens te stel. Die eerste drie verhale in 101 Detectives, Ivan Vladi­slavic se jongste versameling, het my met hul onvoorspelbare vreemdheid van balans af gehad.

In die wete dat die naam op die boekomslag sinoniem is met bobaas van die kortverhaalkuns, het ek ­egter volhard. Ek is ryklik beloon.

Hierdie outeur se boeke het my nog nooit teleurgestel nie. Uitgedaag, gestimuleer, verryk – ja! Maar nie teleurgestel nie.

Sy skryfwerk verg die leser se aktiewe deelname. Toegegee, ek het nie al die woorde in elke paragraaf van die titelverhaal getel nie, maar die truuk wat gebruik word skemer aan die einde van die verhaal deur sonder dat lesers hul somme hoef te maak.

Tel of nie, jy kan nie bloot deur die boek blaai en ontsnappingsvermaak verwag nie. Ek was derhalwe bereid om my ongemak met die ­begin van die versameling opsy te skuif en met sorg te lees om die ­genot te smaak.

Die vierde storie het my reeds oortuig ek is op die regte spoor.

“Exit Strategy” (let op die titel) bevat dalk ’n paragraaf wat die sleutel tot die hele versameling inhou. Nadat sy ’n man die wolkekrabbers waarin sy werk, sien uitklim het, merk ’n vrou op: “It’s a distressing idea: this might be the most interesting thing that’s ever happened to me . . . and yet it feels like a cliché. Everything surprising has already happened before or is about to happen again. No matter what I do or say, or how I remember it or tell it, it will never be interesting enough.”

Die vrou is ’n korporatiewe storieverteller wat, figuurlik en letterlik, bo haar vlak by die werk probeer uitstyg, maar ook na uitkomkans soek…

Continue reading: Media 24

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s